In Bemark of bevark? deel André Diederichs die ondervinding wat hy opgedoen het in ’n bemar­kingsloopbaan wat oor dekades strek, met lesers. Sy skryfstyl is toeganklik, aweregs en humoristies. Die praktiese benadering wat hy volg, stel voornemende en gevestigde bemarkers in staat om die beste resultate in hul werksomgewings te behaal – of dit binne ’n groot of klein opset is.