Bibi woon by haar ouma in ’n huisie teen die berg.

Soms glip sy dorp toe om met die dorpenaars te

gesels en nuus te versamel vir ouma Lollie. Op ’n dag

begin Bibi haar eie stories opmaak. Die dorpenaars

besluit om niks meer te glo wat sy vertel nie. Maar dan

sien Bibi ’n orkaan aankom. Sy probeer die dorpenaars

waarsku, maar niemand luister na haar nie. Hierdie

vrolike en kleurvol geïllustreerde verhaal leer kinders

dat skinderpraatjies mense kan seermaak en bevat

pragtige lewenslesse oor eerlikheid en integriteit.