In hierdie versamelbundel is daar ‘n groep uiteenlopende mense gevra om elk ‘n onafhanklike essay te skryf na aanleiding van ‘n Bybelteks.

Daar is skrywers, ekonome, musikante, akademici en joernaliste. Die enigste voorwaardes was dat dit persone moet wees wat nie meer kerklik betrokke en/ of ‘n dominee of teoloog is nie. Baie essays is bloot verhale, vertellings, reise of verduidelikings wat met ‘n teks verbind kan word. Ons almal is medereisigers in hierdie verbygaande wêreldse bestel. Kom ons luister met ‘n oop gemoed na mekaar. Dán staan ons ‘n kans om te verstaan, te begryp, eerder as om te oordeel.

Van die bekende en bekroonde skrywers wat deelneem aan hierdieprojek is onder andere Jurie van den Heever, Annelie Botes, Dana Snyman, Pik Botha, Heinz Modler, Lizette Rabe, Dawie Roodt, Rachelle Greeff, Piet Croucamp, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Jean Oosthuizen, Christine Barkhuizen Le Roux, Lina Spies, Valda Jansen, Valiant Swart, Nathan Trantraal, Churchil Naude, Riku Lätti en Luke Alfred.