Ná 50 begin die lewensritme afneem. ’n Mens is onseker en selfs bang oor wat voorlê. Op 50? Nee: Kenners vertel dat die liggaam reeds van 30 jaar af met 1% agteruitgaan – daardie lastige plooie verskyn, die vel verloor glans en bene raak bros; tyd vir brille en pille.

Die samelewing soek jeug en gesondheid; wil nie van oudword weet nie. Mense se lewensdans raak stiller en die genot sypel weg. Maar hierdie boek verklap ’n geheim: Dit kan juis meer en intenser leef beteken –’n voller Dans met die Lewe. Vind opnuut die Kind in jou. Op 50 begin die jeug van veroudering!

Teenoor die tragiek van ongedanste lewens nooi hy sy gehoor om – veral in ryper jare – die misterie van verwondering en die speelse ritme van heilige lewe te (her)ontdek.

– Elna Mouton, skrywer en voormalige Dekaan: Fakulteit Teologie, Stellenbosch

’n Ryk skakering van prikkelende perspektiewe op die proses van oudword, maar veral ook op die léwe en die lewenskuns.

– Christo Lombard, Direkteur van die Desmond Tutu Sentrum vir Spiritualiteit en Samelewing, UWK