Hierdie is die storie van Daniel Johannes (DJ) Opperman, ’n seun van Zoar, in die Weskaap. Danny – soos hy bekend is – speel skrumskakel vir sy skool se rugby span. Hy is ’n gelukkige seun en saam met sy maats, Pietie en Sammy, in graad elf.

Hy maak ogies vir die aantreklike Merryll. Hulle het baie pret in hierdie landelike dorpie.

’n Paar maande later word hul familielewe uitmekaar geruk. Sy Oupa van moederskant dring daarop aan dat Danny, sy moeder en suster in Mitchells Plein, Kaapstad kom intrek.

Danny begin matriek in ’n skool in Mitchells Plein. In die groot stad met die berg, die see, mooi meisies en tik, sukkel Danny om aan te pas en word vinnig deur dwelmsmouse in die skool geteiken …

Die DJ deel met die leser ‘n boodskap van hoop en drome.