• Daar word dikwels geredeneer: “Agter elke suksesvolle man staan daar ‘n bekwame en gemotiveerde vrou.” Ockie Geyser bewys hierdie stelling waar in sy boek wat die eggenotes uitlig van die eerste nege ministers, twee goewerneur-generaals, drie presidente en diè van die laaste drie staatspresidente tot en met 1994.
  • Hierdie vroue, uiters bekwaam in vele reg op verskeie terriene, is die vrouens wat as die eggenotes van hul mans, wat die hoogste sport in hul politieke loopbane bereik het, onselfsugtig bygestaan het.
  • Hy kyk in diepte na die rol wat elke vrou gespeel het in die mylpale wat hul mans bereik het en gee aan hul die erkenning wat hulle sonder twyfel toekom.

Prof. Ockert Geyser, ook die skrywer van Jan Smuts and his international contemporaries, is ‘n voormalige direkteur van die Instituut vir Eietydse Geskiedenis en was senior professor aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy skryf met gesag nadat hy verskeie reise in die buiteland onderneem en daar gevorderde metodes van hostoriese navorsing bestudeer het.