• Konrad werk vir DMK, ‘n Duitse vervaardigingsonderneming in Darmstadt. Hy ontvang opdrag om as deel van ‘n vakansiereis in sy Heimat (tuisland), ‘n voorlopige ondersoek na twee moontlike investeringsgeleenthede te doen.
  • Hy en sy vier metgeselle beleef ‘n nostalgie-belaaide reis deur Suid-Afrika. Hy ontmoet verteenwoordigers van die San en Khoen-Khoen gemeenskappe. Die besonderse natuurskoon en die interessante geskiedenis van sy geboorteland, beïndruk hom weereens. Sy belangstelling in gholf en stoomlokomotiewe dra by tot ‘n genotvolle reis. Daarby is een van sy reisgenote ‘n aantreklike mediese dokter en sy skep vir hom ‘n liefdesdilemma, want tuis het hy reeds iemand.
  • Die projek neem ‘n onverwagse wending. By sy terugkeer in Darmstadt wag daar verrassings uit sy verlede. Hy moet ‘n kopskuif asook moeilike besluite maak.