Dit is die jaar 1967. ‘n Tienjarige seun in ‘n disfunksionele mynwerkershuis op die Wesrand is aan die woord. Met gestroopte verse vertel hy van die mense wat instaan en help om sin te gee aan wat om hom gebeur.

Deur hierdie gedigte ervaar die leser die absurditeit van die staatsstelsel in die 60’s asook die wyse waarop ‘n kind sin maak van wat in die grootmenswêreld aangaan.

Sewe van die gedigte is verlede jaar in die bundel Nuwe Stemme 6 opgeneem en het uiters positiewe reaksie ontlok.