In die laat 1800’s is die De Beer-gesin op reis toe hul ossewa breek en hulle onverwags moet oorbly op ‘n plaas in die Oos-Vrystaat. Dis winter, en soos die donker sneeuwolke oor die Drakensberge aanrol, word die familie deur tragedie getref. Geïnspireer deur die verhaal wat van geslag tot geslag oorvertel word, is hierdie storie van swaarkry, opoffering en onbaatsugtige liefde ‘n tydlose verhaal.