Die De Beers word gedwing om tydelik ’n heenkome op ’n plaas in die Oos-Vrystaat te soek nadat hulle wa gebreek het. Dis winter, en soos die donker sneeuwolke oor die Drakensberge aanrol, word die familie deur tragedie getref.

Geïnspireer deur die verhaal wat van geslag tot geslag oorvertel word, is hierdie die storie van swaarkry, opoffering en onbaatsugtige liefde wat in Suid-Afrika gedurende die laat 1800’s, afspeel.

“Die verhaal van Racheltjie de Beer is universeel geldend en Brett Michael Innes se vertolking, met enkele feite tot sy beskikking, asook die kreatiewe uitbou van die res van die verhaal, spreek van ’n sensitiewe insig in, en empatie met die karakters wat deur tragedie, vrede met ’n pynlike verlede moes maak.”

Die Erfenisstigting