Baie mense voel so lank moeg, tam, lam en futloos dat hulle nie eers meer besef hulle is energie-loos en gedaan nie.

Jy is nie siek nie, het nie ’n koors nie, bloedtoetse wys nie abnormaliteite nie en daarom kry jou dokter NIKS verkeerd nie … nog nie. Jy kan ook niks daaromtrent verander nie want jy weet nie wat dit is wat jy moet verander nie. Maar dit kan nie so ingewikkeld wees nie.