AFRIKAANS – ware lewensketse van gebeure met gewone  mense wat noodgedwonge  in die regswêreld van prokureurs en howe beland. Treffend  vertel  deur ’n ervare  en  ingeligte prokureur.

DIE REG EN WETTE – is op almal se lippe, veral ná die hofsaak van Oscar Pretorius en die Konstitusionele Hof-uitspraak oor Nkandla.

RAAK HUMOR – ironiese en humoristiese,  dog skreeu­snaakse   insidente van gebeure met gewone en soms stuk­kende mense.

Die SKRYWER  –  ’n  ervare  prokureur wat betrokke is by nasionale Grondreg-wetgewings. Sy loopbaan word geken­merk deur sy passie vir die behoeftiges  en mense in nood.

WARE STORIES –  in en om die Hof, wat die volle spektrum van die reg dek – mense se eerlike foute en ander se oneerlike sette om die Hof te probeer bewimpel.

BELEEF – agter die kostelike stories die skerp denke van ’n mentor wat die leser saamneem en kritieke regsbegrippe leer begryp.

Dollars Eventualis is lekkerlees-stories vir mense van alle soorte, van 18-81 jaar:

Kostelike leesstof vir dié wat die wet ken.

Kragtige leesstof vir dié wat in die wet belangstel.

Kosbare leesstof vir dié wat die wet nodig het.