• Wat gebeur eintlik wanneer reisigers mekaar raakloop, maar dalk miskyk? Kry hulle dan ’n tweede kans om weer te begin of het die noodlot altyd die oorhand?
  • Die verhaal speel af in die wêreld van Marleen, ’n jong vrou wat snags deur “verdwaaldes” wakker gehou word. Gideon, die blinde man wat die toekoms in visioene sien, is sentraal in Marleen se lewe, maar net sy weet dit. Wat kan Gideon haar oor die “verdwaaldes” vertel en wat weet hy wat sy nie weet nie?
  • Wat vir sommige mense vreemd is, is vir ander deel van die lewe. ’n Siener wat in geheimsinnige wêrelde leef en wat lig en insigte kan bring vir die wat soek na antwoorde, sal dalk verstaan wat ná die dood met die agtergeblewenes gebeur. Hy weet ook wat word van die wat die oorgang na die ewige lig moet maak. Marleen sal doodeenvoudig met hom moet gaan praat, maar sy vrees vir dit wat hy weet. Soms is dit moeilik om die werklikheid van drome te onderskei.