In GOEIE GENADE – IS DIT DAN GENOEG? word nie klinkklaar-antwoorde gebied nie – eerder ’n gesprek tot saam-dink en saam-wonder.

Die stukke is bedoel as “gesprekke” in verskillende betekenisse van die woord. Hulle is oorspronklik doelbewus geskryf as uit­nodigings tot gesprek. Hulle nooi lesers – om te lees en te luister, dalk na ’n storie, na ’n vraag, na ’n herinnering, na ’n aanhaling, dalk na ’n klag.