Dit is Tanya

Tanya is ’n vrou wat deur verlies, trauma en hartseer besef het hoe kosbaar die lewe is. Sy vertel van haar lewe. Haar ma, pa, man en ouma is oor ’n tydperk van 12 jaar oorlede, een elke drie jaar.

Sy het grootgeword met ’n ma wat aan depressie gely het. Na ’n perdry ongeluk verloor sy haar reuksintuig. Haar man sterf in haar arms en haar lewe verander handomkeer.

Sy trou weer met ’n man wat haar elke dag verryk. Sy het ’n miskraam, maar raak weer swanger.

Sy skryf uit ondervinding en sy gesels oor wat vir haar werk. Sy sê elke dag Hallo, lewe! – ek gaan vandag leef en lewe!

Sy het begin blog om die inspirasie wat elke dag oor haar lewenspad kom te deel met ander. Sy blog ook vir ’n groot Sondagkoerant en vele Saterdae is haar blog die mees gelese, om en by 500 tot ’n 1000 lesers. Haar lesers LEES haar blogs en sy word deur hulle inspireer om eerlik te skryf en niks terug te hou van wat sy elke dag ervaar of al ervaar het nie.