Linda kan nie die dood van haar twee-jarige seuntjie verwerk nie.  Sy kry ’n senu-siekte waar sy haar hare klossies begin uittrek.

Haar ontvlugting is haar werk by ’n sentrum vir gestremdes.  By die huis gaan dit nie veel beter nie, haar man tuis met post-traumatiese stres.

Anders as met haar seuntjie  vir wie sy gesê het dat hy nou moet doodgaan want sy is moeg…

Haar dogter wat briljant slim is, het sy nagelaat om raak te sien … tot sy op universiteit iemand ontmoet wat haar raaksien met die regte pilletjies wat haar gelukkig maak.

Dan is daar Stefan…’n perde-fluisteraar

En daar is Estie die advokaat, wat mans haat. Sy wat so graag ander vroue wil help sal ook eers moet leer om soos Stefan fyn te luister na die Here se stem.