Cara Blake, ’n maatskaplike werker vir die afgelope twintig jaar, deel in hierdie boek haar persoonlike ervaring toe sy as jong meisie seksueel-emosioneel misbruik en verkrag is en ongelooflike kindertrauma moes ervaar. Na meer as twintig jaar waarin sy uiteindelik geluk, geborgenheid en aanvaarding in ’n huwelik gevind het, was sy gereed om haar pad van genesing met ander te deel.

Hierdie is ’n waardevolle, praktiese dog sensitiewe gids met stap vir stap terapeutiese tegnieke vir almal wat met onverwerkte trauma worstel.

“Vir die eerste keer in my lewe glo ek daar is lewe na verkragting. Ek wil dit wat vir my gewerk het, met ander vroue deel.”