Hier is die boek nou oor my geboortedorp en omstreke waarna ek al lank uitsien! Sonder Nia Coetzee was Ladismith ’n Klein Karoo dorpie waar daar nie baie gebeur nie. Dis net sy wat uit die daaglikse gebeurlikhede en soms selfs die skynbare gebrek daaraan van die mooiste en menslikste stories kan optower. As geheel is die versameling ’n klein geskiedenis van ’n kontrei en sy tyd op die wyse van daaglikse nuuswaardigheid. Nia, ek haal my hoed af vir jou en ek sê groot dankie. Sonder jou lewenswerk was die geheue van ons kontrei baie armer.

Abraham H. de Vries (Braam)

Tuine, Kaapstad.