“AS JY WIL LAG ’N SLAG,
IS HIERDIE ’N MOET VIR ELKE DAG!”

(En dis is nie ’n cliché nie)

Kom lag ’n slag hartlik saam. Is jy een van daardie mense
wat verleer het om te lag? Ek hou ons mense dop. In hulle
voertuie, by die inkopiesentrums – selfs op vakansie, kyk
maar, mense loop rond met hul begrafnisgesigte.

NEE, KOMAAN SUID AFRIKA!

Hier is jou kans om weer te lag!

’n Snaakse ding soek altyd net die skrywer van hierdie boek
“LAGSTUKKIES ” op, voordat dit gebeur.

Waarvan mense hou wie hierdie boek al gelees het en nog gaan lees,
is dat dit nie lang uitgerekte hoogs intelligente stories is nie. Dis dinge wat gebeur met ons mense, mense soos ek en jy.

Ek sê jou:“ ’N LAG VIR ELKE DAG.” Kom en geniet
hierdie boek, soos wat ek en duisende ander
voor my dit geniet het.