Baie feministe sal sê dis ’n doodsonde om jou lang bene en lipstiek in te span om in jou werk te vorder. Maar nou bewys navorsing dit wérk!

Die bekroonde joernalis Riette Rust skryf feitelik, boeiend en soms ook tong in die kies oor erotiese kapitaal, die nuwe gonswoord vir daardie X-faktor wat tot dusver onbeskryf is.

’n Mens sou erotiese kapitaal kortliks kon opsom as seksualiteit, ineengevleg met selfvertoue, sprankel en lewenslus. Of as daardie natuurlike aantrekkingskrag, fisiek en sosiaal, wat jou onweerstaanbaar maak.

Riette Rust vertel meer oor bekendes wat erotiese kapitaal het, soos ons eie Steve Hofmeyr, Jeannie D, Tammy-Anne Fortuin en Chris Chameleon. Ook oor oorsese bekendes waaronder die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, daardie volronde, sexy Britse kok Nigella Lawson en die aktrise, filantroop en ma van vele, Angelina Jolie.