Eckhart Tolle begin waar hy met The Power of Now opgehou het en bied die geestelike agtergrond waarmee enige iemand sy of haar eie lewe – en dus die wêreld – beter en betekenisvoller kan maak. Tolle verpletter moderne idees oor die ego en menslike aansprake, die self en die gemeenskap, en stel die vrees wat oor ons almal hang, aan die kaak. Hy toon aan hoe ons elkeen deur ’n reeks eenvoudige, lewensbevestigende stappe geluk en gesondheid kan vind:
· Om die self as hersenskim te verstaan
· Om verder as die ego te gaan
· Die geheim van geluk
· Om te leer hoe om op te hou om die verlede te dra
· Ontdek die vreugde van wees
· Berei jouself voor op ’n verstommende reis na selfverligting namate ‘N Nuwe Aarde die hersenskimme waarvolgens ons leef, ontmasker en ’n nuwe grondslag vir geestelikheid en selfverbetering bied.
· “Insiggewende opmerkings oor die hedendaagse samelewing’
· Psychologies