• Hoewel Olga Kirsch die enigste Joodse stem in die Afrikaanse digkuns is, is dit skaars bekend onder lede van die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap. Olga Kirsch was, na Elisabeth Eybers, maar die tweede vrou wat ‘n digbundel in Afrikaans laat verskyn het.
  • Die doelwit van hierdie biografie is om te keer dat haar werk vergete raak en om te wys waarom haar werk belangrik is, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Israel.
  • Dit ondersoek nie net Kirsch se rol as Afrikaanse Joodse digter nie, maar ook haar as voorbeeld van ‘n grensoorsteker tussen kulture en veeltalige immigrante-digter. Daarom is van haar Engelse en Hebreeuse digkuns ook ingesluit in hierdie werk.