In Openbare domein verken Daniel Hugo dit wat openbaar is vir die digter, en wat nié. Die spanning tussen die private en die publieke met die ironie dat die mees private ervaring, te wete die dood, ook vir die kunstenaar die mees openbare word – in só mate dat hy ná nóg 50 jaar ook houvas op sy “intellektuele eiendom” verloor en opgeneem word in die sfeer waar taal nie meer bestaan nie, dat daar as’t ware ’n streep getrek word deur sy naam.

Tog is dit nie ’n swaarwigtige bundel nie en flonker die verse met Hugo se kenmerkende woordvernuf.