Pedale van papier begin waar die ou getroue Trifiena vir Karien (haar werkgewer) help om ’n klavier na buite te trek-stoot. As die klavier buite is, begin Karien dit met mag en mening met ’n byl stukkend kap. Die splinters spat in alle rigtings soos wat sy die byl in die klavier inlê. Terwyl sy haar klavier verwoes, dink sy terug aan haar kinderdae…