“Jou lewe speel soos ’n rolprent voor jou af in die oomblikke voor jy sterf.”

Hierdie is só ’n verhaal:

Barbette le Roux moes geweldige opofferings maak ter wille van haar passie om predikant te word. Sy is geroepe; as kind is sy deur ’n misterieuse weldoener uit ’n brand gered. Toe sy as student besef sy is gay, sweer sy om selibaat te bly. Haar pad kruis later met Sonja, ’n jong vrou met ’n troebel verlede. Watter impak het die ontmoeting op haar? Gaan sy bly by haar streng beginsels en vereistes van die kerk waar sy uiteindelik haar ideale amp beklee? En wie is die vreemde weldoener wat sy as Ou Klaas Vaak uit haar kinderjare onthou?

Barbette is konserwatief, gefolterd en gekompliseerd, maar sy het ’n ware roeping en opregte liefde vir God.