Die Ruiter in Swart, Ben, het etlike jare gelede verdwyn en boer nou op ʼn afgesonderde plaas met perde. Wanneer ʼn groot goudvonds in 1886 in die Witwatersrand ontdek word, word die Zuid Afrikaanse Republiek toegestroom deur uitlanders. Gevolglik neem misdaad, veral in die Laeveld, geweldig toe. Die radelose Hoof van die Zuid Afrikaanse Republiek Polisie, is een van enkeles wat weet waar Ben hom deesdae bevind en nader hom om hulp. Die Ruiter in Swart word genoodsaak om weer reg en geregtigheid te laat seëvier.