• Shelamzion se droom is om ‘n betekenisvolle lewe te lei. As Makkabese afstammeling is dit haar familie wat die Grieke wat Judea beset het, oorwin het en die nasie se onafhanklikeid herstel het. Haar oom, die koning, regeer egter met geldgierigheid en selfsugtige motiewe, wat haar familie van die res van die volk afsny.
  • ‘n Voorafgereëlde huwelik aan haar neef verpletter haar drome van ‘n betekenisvolle lewe en haar begeerte om met Yaakov, haar onderwyser, te trou. Sy moet toekyk hoe haar man, die nuwe koning, met dieselfde tirannie as sy vader regeer.
  • Lyne word getrek, ‘n burgeroorlog laat bloed in Jerusalem se strate vloei en Shelamzion staar verlies in die gesig, asook die begeerte om op te staan en haar mense te beskerm. Maar Yahweh het nog nooit voorheen ‘n koningin gekies om Israel te lei nie, gaan hy dit hierdie keer doen?