Elle Roux is so lank geskei, sy het amper vergeet hoe dit voel as ’n man aan haar raak. Maar wanneer sy leer wat vryheid beteken, sonder verlief raak en seerkry, soek sy na ’n speelmaat – ’n seksmaat – met gevolge wat wissel van skreeu­snaaks tot knop-in-die-keel. Hier word die intiemste geheime ontbloot op ’n manier wat min vroue ooit sal waag. Wees gewaarsku: Elle vertel alles.