Wie van ons sal hierdie oomblik ooit vergeet?

SA weer op die aanval … diep binne die kwartgebied van die All Blacks aan die oorkant van die veld … en hulle gaan die bal kry uit die skrum … Joost probeer optel, dan slaan hy aan … maar dit maak nie saak nie. Dis die eindfluitjie wat blaas en Suid-Afrika is die wêreldkampi­oene.

Selfs al was jy nie daar nie, bly sekere sportoom­blikke in jou hart sit. Nou kan jy dié hoogtepunte her­leef. Hier is juwele uit die gewilde RSG-program, ‘Sport vir die siel’, in ’n netjiese bundel. Pieter van den Berg, ’n gesoute sportkommentator wie se “lewe sport is”, span saam met ’n ervare pastoor wat in sport­prentjies preek, om kosbare geestelike waarhede te bied. Pieter lewer “lewendige” kommentaar, waarna pastoor Dave Strydom die toepassing slim en seepglad aan die geestelike lewe koppel.