Vandat jy gebore is, het elke asemteug, elke besluit en elke aksie jou gelei na hierdie tyd van moeilike omstandighede en swaarkry. Rampe en krisisse tap die energie en lewenslus uit jou hele wese. Dit laat jou moeg en moedeloos; sonder rigting en sonder hoop. Jy veg teen magte wat jou verswelg tot jy uiteindelik alle hoop verloor.

Mense het jou seergemaak. Onreg het jou verniel. Omstandighede het teen jou gedraai. Ernstige probleme staar jou in die gesig. Selfverwyt oor verkeerde keuses druk swaar op jou gemoed.

In Staan op in Moeilike Tye vind jy antwoorde en oplossings vir daardie donker dae in jou lewe. Hierdie is ’n praktiese gids met toepaslike riglyne om op te staan en te seëvier wanneer storms om jou slaan.

Platgeslaan, vertrap? Jy kán opstaan, oorwin en nuut begin.

Die boodskap is duidelik: daar ís hoop en daar ís rigting.