Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n wêreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspektief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.
Sulamiet
R175.00
ISBN: 978-0-928316-47-6
Kategorie: Nuwe Vrystellings
Skrywer
Sien al Lina Spies se boeke
Lina Spies

Lina Spies is ’n digter en ’n letterkundige. Haar liefde vir die poësie is by haar deur haar vader gewek en aan die Universiteit Stellenbosch het D. J. Opperman haar mentor geword onder wie se leiding sy ook haar M.A.-tesis oor Elisabeth Eybers geskryf het. Sy studeer verder aan die Vrije Universiteit (Amsterdam) in die Nederlandse Taal- en Letterkunde en promoveer in 1982 aan die Universiteit van Pretoria met ’n proefskrif oor D. J. Opperman by A. P. Grové. By die universiteit Stellenbosch, was sy professor vanaf 1987 tot en met haar uittrede in 1999.
Bykomende inligting
Genre | Digbundels |
---|
Lewer die eerste resensie vir “Sulamiet” Cancel reply
Soortgelyke Produkte
-
God op soek?
R220.00Frits GaumSirkel van Noodlot
R190.00ST PotgieterSirkel van Wraak
R189.00ST PotgieterMy pad met die doodsengel
R235.00Belinda Bras-NelOns kom van vêr
R250.00Michael le Cordeur, Wannie Carstens
Resensies
Daar is nog geen resensies nie.