Trauma het in ons tyd meer as net ’n mediese begrip geword. In die harde Suid-Afrikaanse werklikheid voel ons dit al meer aan die lyf.

Hierdie boek bied haalbare stappe wat toe­gank­lik uiteengesit word. Dr. Tessa herlei inge­wik­kelde sielkundige prosesse tot eenvoudige self­doen­oefeninge. Sy klim in die slagoffer se skoene en help van daar af die moeilike pad na ge­nesing vind. Verskeie scenario’s word bespreek waarmee Suid-Afrika­ners vandag worstel, onder meer plaasmoorde, verkragting, egskeiding, posttraumatiese stres­sin­droom en die middel­jare­krisis.