Wat ’n heerlike kennismaking met China! Elkarien Fourie se joernaal is ’n waardevolle tydsdokument wat my ’n week lank geboei gehou het en teen die einde daarvan gelaat het met die gevoel dat ek nou meer begrip het vir hierdie antieke beskawing en sy moderne mutasie. Ek is verstom deur die dinge wat sy hier openbaar, want ek is een van daardie  tipiese lesers met ’n stereotipe beeld van China. Daar is deurentyd ’n verteller aan die woord met ’n jonkheid van gees, ’n avontuurlus en nuus­kierigheid wat ’n mens met ’n jong reisiger assosieer, maar terselfdertyd is die lewenswysheid ook merkbaar van iemand met baie meer deurleefde jare op haar kerfstok.

-Kerneels Breytenbach