Vier en Veertig, Agtien

//Vier en Veertig, Agtien

Vier en Veertig, Agtien

ISBN: 978-1-928426-39-4

  • Ettienne Leroux en Ingrid Winterbach het begin briewe uitruil in 1966 wat gelei het tot die publikasie van een van Leroux se persoonlikste en geheimsinnigste werke, 18-44. Amper vyftig jaar later word Leroux se briewe deur Philip Snyman ontdek, ‘n afgedankte joernalis wat probeer om die pad na herstel te vind na die dood van sy meisie en die ineenstorting van sy loopbaan.
  • Hoe dieper Philip egter in die briewekorrespondensie delf, hoe meer raaisels en geheime boodskappe ontdek hy. Dit lei hom na ‘n onverwagse, tragiese verkenning, nie net van Leroux nie, maar ook homself.
  • Hy raak al hoe meer obsessief. Hy praat met homself en skryf rye en rye getalle neer waarin hy insiggewende ooreenkomste sien. Teen hierdie tyd kan niks meer as die waarheid aanvaar word nie, en moet die leser saam met Philip die raaisel probeer oplos.

Kategorie:
Skrywer

Peet van Aardt

Peet van Aardt is ‘n lektor aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy optree as koördineerder van die vak: Academic Literacy for the Humanities en hoof is van die Initiative for Creative African Languages (iCAN). Hy is aangewys as die eerste Suid-Afrikaner wat die genootskap Study of US Institutes of American Literacy (SUSI) ontvang het. Tussen 2006 en 2015 was hy as joernalis werksaam, onder meer vir News24 as Afrika- en Sosiale Media Redakteur. In 2010 verskyn Briewe van Uys Krige vanuit Frankryk en Spanje: 1931-1935 uit sy pen.

Sien al Peet van Aardt se boeke

Product Description

 

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Lewer die eerste resensie vir “Vier en Veertig, Agtien