Vicki is ’n moderne Viking! Soos die TV-karak­tertjie wat telkens in moei­like omstandig­hede ’n oplos­sing be­­reik, het hier­die jong vrou elke nuwe uitda­ging wat die lewe voor haar kom neersit het, beskou as net nog ’n hekkie waaroor sy moes kom. Haar geloof in God, gekoppel met ’n geestelike taaiheid waarop ’n ratel trots sou wees, het van elke struikelblok ’n geleentheid gemaak. Natuurlik was daar tye dat sy mismoedig was – en daaroor is sy pynlik eerlik in hierdie boek – maar telkens het sy krag ontvang om weer op te staan en te lewe! Sy leef elke dag voluit en nooi lesers uit om hulle eie gawes raak te sien, uit te leef en ten spyte van donker dae te besef: die lewe is mooi – leef voluit!

Al het Vicki ongeveer 97% gehoorverlies, het sy van kleins-af geleer hoe om soos ’n horende te praat, asook om lip­lees te bemeester.