Die eerste afdeling gedigte het as saambindende element die mens se fundamentele eensaamheid regdeur sy lewensreis.

‘n Tweede afdeling handel oor verskillende ruimtes wat verken word, met die diversiteit van dinge wat gevier word en die son as saambindende faktor.

Die derde afdeling bevat gedigte teen die agtergrond van die mediese konteks, veral mediese verskynsels as prikkel vir besinnende verse oor metafisiese en ander kwessies soos religie, sosiale ongelykheid ens.

Die vierde afdeling bevat liefdesgedigte, terwyl die vyfde afdeling die tema van die dood en sterflikheid ondersoek.