Dit is 2005. Jacques du Plessis, wat administratiewe werk in
provinsiale staatsdepartemente dwarsdeur sy loopbaan uitgevoer het, bring sy dae op sy kleinhoewe in Moorreesburg deur, saam met sy ma. Hy red ‘n hondjie, genoem Rekkie, uit ‘n teef se baarmoeder, maar kan nie die belangrike rol wat Rekkie in sy lewe sou speel, voorsien nie.
Spoedig gaan Jacques ‘n donker periode in sy lewe binne wanneer sy ma se dementia vinnig versleg. Na haar dood verkoop hy sy kleinhoewe en trek na ‘n voorstad van Kaapstad. Hy ontmoet dan ‘n vrou van min of meer sy ouderdom, maar met ‘n verskillende kultuur en agtergrond. Hy voel so aangetrokke tot haar dat hy haar van die begin af toelaat om by homte bly. Dit is dalk die grootste fout in sy lewe. Traumatiese gebeure volg en die verhouding word katastrofies. Rekkie, egter, ‘n hond met besonderse eienskappe en ‘n hart so groot soos die oseaan, gee hom baie liefde en beskerming deur hierdie lang, pynlike reis.