Abel Pienaar

Ek skryf hierdie boek vir al die mense wat soos ek, nie meer gemaklik voel met die tradisionele antwoorde wat gegee word op lewens- en geloofsvrae nie. Mense wat self wil uitvind en ontdek. Mense wat nie bang is om wetenskap, filosofie en spiritualiteit deel te maak van hulle denke oor wie hulle is, van waar hulle kom en waarheen hulle oppad is nie. Binne hierdie bladsye dekonstrueer ek o.a. die geloof waarmee ek groot geword het. Ek probeer ook om my eietydse soeke en denke nuut te verwoord, om my prentjie van God eerlik te ondersoek. Hier­mee wil ek medesoekers en vrydenkers help om ook op hulle eie spiri­tuele reis te kan gaan. En al wat van elkeen op hierdie avontuur gevra word, is om altyd krities te dink en nooit hulle harte stil te maak nie. Ek nooi elkeen uit om saam met my bietjie dieper te delf in die misterie van die lewe. En of dit nou God of godsdiens is, evolusie of die Bybel, bid of mediteer, hiernamaals of hiernoumaals. Kom ons poog om nuwe maniere van dink, praat en beleef te vind.”

Sien al Abel Pienaar se boeke

Adam Small

Adam Small was born in Wellington, Cape, 21 December 1936. Married to Dr Rosalie Small (nee Daniels). Grew up until 8-9 years old in Goree, a hamlet on the Cape Town side of Robertson in the Boland, where his father was a schoolmaster to the farming communities in that countryside. In 1945, the family moved to the Cape Flats, where again his father was schoolmaster, this time for the Cape Flats children of Retreat - Steenberg. Small grew up rather staidly Dutch Reformed, but his mother was Muslim by birth, and his senior secondary education entirely Catholic.

Sien al Adam Small se boeke

Amore Bekker

Amore Bekker is 'n Suid-Afrikaanse radiopersoonlikheid, skrywer, MC en rubriekskrywer. Sy is tans die gasheer van Tjailatyd, 'n Afrikaanse radioprogram uitgesaai deur RSG die Afrikaanse Radio Diens van die SAUK. As skrywer het Bekker haar eerste kookboek (Tjailaresepte) gepubliseer in Junie 2010 deur Naledi. Vanaf Julie 2010 skryf sy ook 'n kolom vir die Afrikaanse vrouetydskrif Finesse.

Sien al Amore Bekker se boeke

Amos van der Merwe

Amos van der Merwe het vroeg afgetree om hom voltyds toe te wy aan skryfwerk. Sy kortverhale en artikels het al in ‘n verskeidenheid tydskrifte verskyn en van sy verhale is in verskillende bundels opgeneem. Vital Remains is sy 8e boek en sy 3e biografie.

Sien al Amos van der Merwe se boeke

André Pretorius

André Pretorius het sy eerste treë op Marble Hall in Limpopo gegee, maar sedertien ver genoeg geswerf om homself "reisskrywer" te noem. In 'n vorige lewe was hy 'n buitelandse verslaggewer vir Suid-Afrikaanse koerante en radiostasies. Sy twee bundels reissketse, Iets ver en nuut en Eilande en enklaves, is goed ontvang. Hy het oor die laaste twintig jaar in Londen, Brussel en Hongkong gewoon en is tans tuis in Cambridge, Engeland.

Sien al André Pretorius se boeke

Annelie Botes

“My dinkgoed het deurmekaar geraak,” sê Annelie Botes. ’n Aantal jaar gelede het ’n mediastorm om dié Kammanassiekind se kop losgebars. Dit was ’n donker tyd in haar lewe, maar sy is terug op die enigste manier wat sy kén: swart-op-wit loop sy haar spore van vyf-en-vyftig jaar na en deel met die leser dinge wat sy nie verstaan nie, wat haar bang maak en wat haar bly maak. Tussenin lees ons ook hoe die tóé al rebelse Annelie as tiener verlief raak op die man wat steeds die wyse, gryse engel Gabriël aan haar sy is. Oor al die berge en dale heen vlieg dié twee saam. Swart op wit nooi die leser op ’n sonderlinge reis van liefde, smart en boetedoening.

Sien al Annelie Botes se boeke

Anzil Kulsen

Anzil Kulsen is ’n bekende en geliefde skrywer van Upington. Hoewel sy haar lewe lank nog in Upington woon, het Anzil al in Londen en België skryfkursusse gedoen. As talentvolle en geskoolde skrywer het haar debuutroman, Zita, meer as 20 000 kopieë verkoop. Naas kinder- en jeugboeke skryf Anzil ook artikels, rubrieke en kortverhale vir verskeie publikasies soos RooiRose, DeKat en Volksblad. Anzil werk tans vir die ATKV as Taalorganiseerder waar sy lees en skryfprojekte in gemeenskappe bevorder, werkswinkels aanbied om skryf as terapeutiese proses te bevorder, en boeke in arm gemeenskappe sonder biblioteke te versprei. Sorrie maak nie gesond nie is haar derde jeugroman en beloof om nog ’n treffer te wees.

Sien al Anzil Kulsen se boeke

Belinda Bras-Nel

Belinda Bras-Nel is ’n erkende tussenganger met die dood, inspirerende spreker en skrywer. Sy verskyn gereeld in koerante, tydskrifte en die media. Sy leef in die Angel House Sanctuary saam met haar geliefde man, twee kinders, drie wolwe en al haar aanneemkatte en -honde.

Sien al Belinda Bras-Nel se boeke

Bernard Odendaal

Bernard Odendaal was 22 jaar lank dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan sy alma mater, die Universiteit van die Vrystaat. Sedert 2012 werk hy as direkteur van die ATKV-Skryfskool aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom. Sy digbundel Onbedoelde land verskyn in 2007 by Tafelberg. As liedteksskrywer en -vertaler was hy betrokke by CD-produksies soos Laat my by jou bly – Jacques Brel, Dit is wat dit is en Onthou (sanger: Herman van den Berg) en Dawid – die musical. Hy is ook die outeur van talle vakkundige tydskrifartikels en boekbydraes, asook resensies en rubriekbydraes.

Sien al Bernard Odendaal se boeke

Brett Michael Innes

As jong seun het ek dikwels sommer tekeninge op los velle papier gemaak, dit aan mekaar vasgekram en dan die ‘boeke’ wat ek gemaak het, aan my ouers gegee. Twintig jaar later is die prente deur woorde en die krammetjies deur professionele bindwerk vervang, maar die passie vir storievertel het dieselfde gebly. Ek verkies om stories deur middel van rolprente te vertel, maar aangesien die geleentheid hom voorgedoen het om ’n boek te skryf, het ek besluit om die uitdaging te aanvaar. Ek wil graag my opofferende ouers en vele broers en susters, mal tannies en luidrugtige neefs en niggies, Engelse onderwysers en rolprentdosente bedank. Ek is dankbaar teenoor inspirerende leraars, ondernemende kerke, standvastige vriende en Facebook-kennisse, visioenêre uitgewers en akkurate vertalers. Vir almal wat ’n passie vir Suid-Afrika en sy verhale het, ’n liefde vir sy mense en die kulture wat hy voortgebring het, is hierdie hopelik ’n storie oor ons land en die Afrikaanse gemeenskap wat boeiend en opreg is.

Sien al Brett Michael Innes se boeke

Carel Anthonissen

Carel Anthonissen is ’n teoloog wat na drie bedieninge in die NG kerk, vir elf jaar tot 2016, Direkteur van die Sentrum vir Christelike Spirtualiteit in Kaapstad was. Die Sentrum is in 1986 deur Emeritus, Biskop Desmond Tutu onder inspirasie van sy geestelike begeleier, Vader Francis Cull, gestig. Anthonissen het reeds enkele Engelse gedigte in drie bloemlesings oor Afrika, uitgegee deur African Sun Press en saamgestel deur die skrywer-digter, Patricia Schonstein, gepubliseer. In 2015 is een van sy Afrikaanse gedigte gelanglys vir die Sol Plaatje Europese Unie se Poësie Kompetisie, waarna die gedig later dieselfde jaar in ’n gelyknamige bloemlesing gepubliseer is. Van sy Afrikaanse gedigte is ook onlangs in Stanzas (Nr 6, Desember 2016) opgeneem. Vuurvas is sy debuutbundel in Afrikaans.

Sien al Carel Anthonissen se boeke

Cas Vos

Cas Vos was vir 21 jaar lank verbonde aan die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretora. Vanaf 2000 tot met sy aftrede in 2010 was hy die Dekaan. Hy is vir sy teologiese werk met die Andrew Murray Prys en die Pieter van Drimmelen medalje deur die Akademie vir Kuns en Wetenskap bekroon. Hy het talle artikels wat in plaaslike en internasionale tydskrifte verskyn het, gepubliseer.

Sien al Cas Vos se boeke

Christine Barkhuizen Le Roux

Christine Barkhuizen le Roux woon op ’n plaas naby Barrydale in die Klein-Karoo, ’n omgewing wat ook neerslag kry in haar skeppende werk. Sy debuteer in 2000 met die digbundel dimensie; ’n tweede bundel, roset, verskyn in 2006. Met haar eerste roman, Padmaker (2010), steek sy ’n stewige kleim af in die Afrikaanse prosawêreld en volg dit op met Getuie (2012), gebou rondom die uitwerking van geloofsfanatisme op ’n jong kind. Barkhuizen le Roux het ook twee bundels kortverhale gepubliseer: Waar koek en wyn ontbreek (2006) en Wat die oog gesien het (2006).

Sien al Christine Barkhuizen Le Roux se boeke

De Waal Venter

De Waal Venter is een van die mees belese digters in Afrikaans en hierdie opwindende, ongewone digkuns sal lesers van alle ouderdomme aangenaam verras. Sy eerste bundel, Kiem, is in 1965 gepubliseer. Nog twee het gevolg en daarna was hy dekades lank stil. Nou in 2017 bied hy weer ’n bundel verse aan.

Sien al De Waal Venter se boeke

Elkarien Fourie

Elkarien Fourie is ’n vryskutjoernalis wat saam met haar man byna nege jaar in China gewoon en gewerk het. Vat jou hele Hart is haar tweede boek. Sy het ook ’n jeugroman, Dans op die Rand van ’n Krans, geskryf. Die Fouries het ook in Harare, Londen, New York en Wene gewoon en bly nou naby Franschhoek.

Sien al Elkarien Fourie se boeke

Eugene Eloff

LOFFIE ELOFF betree die professionele rugby-arena in 1998 as afrigter van die Leeus-o.21’s, brei die Cats-o.21’s, Leeus se Vodacom-span en die Bababokke wat die Wêreldbeker twee keer wen. In 2005 word hy hoofafrigter van die Leeus se Super 14- en Curriebekerspanne. Daarna baat die Boland-Kavaliers by sy dienste. Van ons land se top-Springbokke is deur Loffie afgerig, onder meer Willie le Roux, Cornal Hendriks, Lawrence Sephaka, Conrad Jantjes, Bryan Habana, Bismarck du Plessis, Ruan Pienaar, Frans Steyn, Pierre Spies en Chilliboy Ralepelle.

Sien al Eugene Eloff se boeke

Frits Gaum

FRITS GAUM het in die teologie, letterkunde en joernalistiek studeer. Hy was predikant en redakteur, moderator van die Wes-Kaapse Sinode van die NG Kerk, is die skrywer van die bekroonde Fluit-fluit, die kerk is uit? en hoofredakteur van die Christelike Kernensiklopedie. Hy skryf omdat dit vir hom help en, wie weet, dalk ook vir iemand anders. Hy is al vyftig jaar getroud met Henda en hulle het drie kinders en vyf kleinkinders.

Sien al Frits Gaum se boeke

Hennie J. de Villiers

Hennie J de Villiers (B.D., M.A. Psig., D.Phil.) word beskou as topskrywer in Afrikaans oor Viktor Frankl se fokus op die betekenis van lewe. Hennie het sielkunde aan twee universiteite gedoseer, waarna hy voltyds as spirituele sielkundige gepraktiseer het. Ná sy aftrede is hy heeltyds skrywer. Uit sy pen het die volgende publikasies verskyn: Hoekom is ek hier? – Ontdek jou sielskrag; To exist with meaning – Viktor Frankl’s guidelines; Wat is my siel?; You are a soul – with a meaning in life (e-boek); Breek weg – vir ’n sinvolle lewe; Ontdek jou sielskrag – en leef betekenisvol ...

Sien al Hennie J. de Villiers se boeke

Hennie Smith

Hennie Smith het ‘n navorsingsloopbaan in fisika gevolg in Suid-Afrika en by tye in Parys en in Grenoble in die Franse Alpe. Sy aanvoeling vir poësie het hom egter deurgaans besiel en hy het telkens woorde gevind om emosiebelaaide insigte in verse neer te pen. Die fisika en kosmologie word vir hom ‘n teleskoop om van die einders van die kosmos in te kyk op die binneruimte van menslike emosie. Naledi publiseer sy debuutdigbundel Multivers in Oktober 2016. Die intense gedigte oor die roering en spanning tussen die manlike en vroulike vind aanklank by Goethe wat in sy Faust ervaar dat die ewig vroulike hom motiveer. ‘n Aantal verse reik uit na die grense van religie en filosofie.

Sien al Hennie Smith se boeke

Hennie van Deventer

Hennie van Deventer is as ’t ware in die wieg gelê om koerant­man te wees. Voor skool al het hy aan sy Oupa Herklaas Visser se voete op die vloer Die Volksblad gelees. In 1957 word hy redakteur van sy skool se jaarblad. In 1961 volg die redakteurskap van Die Perdeby, studentekoerant van Tukkies. In sy vroeë loopbaan was hy parlementêre verslaggewer, hoofsubredakteur en nuusredakteur van Die Volksblad, asook eerste nuusredakteur en adjunk-redakteur by Beeld. ’n Hoogtepunt in sy eie oë was die verwerwing in 1976/77 van die gesogte Nieman Fellowship aan die Harvard-universiteit in Cambridge, Massachusetts, VSA. In sy agttiende jaar as joernalis word hy in 1980 op 39 jaar redakteur van Die Volksblad. Ná 12 jaar aanvaar hy in 1992 die uitnodiging van Ton Vosloo om Kaap toe te kom as uitvoerende hoof van koerante. Dieselfde “drif” waarmee hy, volgens kollegas, koerant uitgegee het, het hy met hom saamgebring na sy bestuurspos. In daardie skof van sewe jaar het hy die eerste drie van sy 17 boeke gepubliseer, al drie met koerant-temas: die humor­boeke Scoops en skandes (Tafelberg, 1993) en Flaters en kraters (Tafelberg, 1996), asook die biografiese Kroniek van ’n koerantman (Tarlehoet, 1998) oor sy onstuimige 12 jaar as redakteur. ’n Vierde koerantboek sou later volg, In kamera, (Protea Boekhuis, 2003). Die Nasionale Pers het sy hoogste eerbewys, die Phil Weber-medalje, in 1997 aan hom toegeken. Vererings het ook gekom van o.m. sy skool, sy alma mater, Drukmedia SA en die Vrystaatse Universiteit. Drukmedia SA het verklaar: “Hennie holds a reputation of great stature both within the local industry and within the newspaper publishing fraternity across the globe.” Met sy aftrede in 1998 het hierdie kanniedood-koerantman hom opnuut hart en siel in sy eerste liefde gewerp, en weer begin skryf, skryf, skryf. Nie net boeke nie. Die naamlyn Hennie van Deventer duik gereeld op in Huisgenoot, Sawubona, By, Rapport en die drie Afrikaanse dagblaaie, Die Burger, Beeld en Volksblad; ook op Litnet, Netwerk24 en sy eie webblaaie. Uit hierdie laatoes van hom is die versameling in die bundel geput. Veelseggend van sy passie vir die koerant is sy eksklusiewe borgskap van die woord “koerant” by die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal). Hy borg ook die woord “joernalis” nie-eksklusief.

Sien al Hennie van Deventer se boeke

Johan Fourie

JOHAN FOURIE is ‘natuurbewaarder, natuur opvoeder en vryskutskrywer. Hy is die stigter van The Nature College Wild Life Training. Johan het as helikoptervlieënier in die SA Lugmag gewerk, maar mettertyd het die roepstem van die bos te sterk geword. In 1982 is hy as veldgids na die Krugerwildtuin. Vir vyf jaar het hy die Lebomboberge in die ooste van die wildtuin te voet verken met sy gaste. Na sy dienstermyn op staptoere, is hy oorgeplaas na natuurbestuur. Tien jaar later besluit hy om ’n onderneming te stig wat as eksterne deskundiges deur Sanparke gebruik kan word om spesialis-opleiding te vervul. Hy en sy gesin woon al 14 jaar op hul plaas in die Klein-Karoo, waar hulle opleidingsbasis gevestig is.

Sien al Johan Fourie se boeke

Jurie van den Heever

Jurie van den Heever is ’n oudstudent van die Universiteit Stellenbosch. Hy sluit in 1974 as Karoo-paleontoloog by die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad, aan. Na voltooiing van ’n doktorsgraad oor die vergelykende anatomie van die soogdieragtige-reptiele van die Karoo, verhuis hy in 1988 na die Departement Soölogie aan die US as as dosent in Paleontologie en die Vergelykende Anatomie van Werweldiere, waar hy ook sy navorsing voortsit. Hy tree in 2007 af, maar doseer sederdien steeds in die voor- en nagraadse programme. Sedert 1994 lewer hy ook talle praatjies by skole in die Weskaap oor die wetenskaplike belang van evolusie. Jurie was ’n aantal jare medeskrywer van die weeklikse weten­skaprubriek, Wetenskap Vandag, in Die Burger en is sedert 2000 spanlid van Hoe VerklaarJy Dit?, die weeklikse wetenskapprogram op RSG.

Sien al Jurie van den Heever se boeke

Keina Swart

Keina Swart is ’n bekroonde koerantredakteur en kinderboekskrywer, wat reeds twee ATKV-Veertjies ontvang het, en verskeie kere nasionaal deur Sanlam vereer is vir haar rol in die gemeenskapspers. Van haar skryfwerk verskyn gereeld in Die Burger, Beeld, Rapport, Rooi Rose, Volksblad en Weg! Platteland.

Sien al Keina Swart se boeke

Kobus Anthonissen

Kobus Anthonissen was ’n bekende hospi­taal­leraar wat ook deeltyds oor sy vakgebied gedoseer het (Kweekskool Stellen­bosch, UWK en Cornerstone Institute). Daar­na bekwaam hy hom in psigoanalitiese psigo­terapie, wat hy vandag steeds as pastor beoefen. As hospitaal­leraar destyds het hy studente opgelei in die pastorale versorging van ouerwordendes. Kobus voer ook radiogesprekke oor hierdie tema ná aan sy hart.

Sien al Kobus Anthonissen se boeke

Lina Spies

Lina Spies is ’n digter en ’n letterkundige. Haar liefde vir die poësie is by haar deur haar vader gewek en aan die Universiteit Stellenbosch het D. J. Opperman haar mentor geword onder wie se leiding sy ook haar M.A.-tesis oor Elisabeth Eybers geskryf het. Sy studeer verder aan die Vrije Universiteit (Amsterdam) in die Nederlandse Taal- en Letterkunde en promoveer in 1982 aan die Universiteit van Pretoria met ’n proefskrif oor D. J. Opperman by A. P. Grové. By die universiteit Stellenbosch, was sy professor vanaf 1987 tot en met haar uittrede in 1999.

Sien al Lina Spies se boeke

Mariza van Zyl

Mariza van Zyl (B.Sc.Dieetkunde, Universiteit Stellenbosch) is ’n geregistreerde dieetkundige en lid van die Vereniging van Dieetkundiges in Suid-Afrika (ADSA). Bykomend tot haar professionele kwalisifikasie as dieetkundige is sy ook gekwalifiseer as Spesialis Kinesioloog en is ’n geakkrediteerde Nutrigenomiese Praktisyn. Sy het uitgebreide praktiese ondervinding van onder meer kliniese, terapeutiese- en gemeenskapsvoeding sowel as produkontwikkeling en daarstelling van gesondheidstrategieë.  Haar rol as konsultant - onder meer vir markleiers in die voedsel, gesondheid - en media bedryf (byvoorbeeld Woolworths, Sarie Tydskrif, Medscheme) het bygedra tot unieke insig en ondervinding as voedingkundige.  Haar passie bly egter om gewone mense te besiel om gesonde en gebalanseerde lewens te lei.  Sy deel graag haar spesialiskennis deur middel van gereelde rubrieke in die media waaronder tydskrifte, blogs, radio en ’n webruimte. Mariza is stigter van BeterEet ( tm ) en praktiseer in die Paarl.

Sien al Mariza van Zyl se boeke

Pieter Fourie

Hierdie Hertzogpryswenner, asook mees bekroonde en gepubliseerde dramaturg in Afrikaans, word op 77 die oudste debutant in die Afrikaanse poësie. Sy kwantumsprong van dramaturg tot digter is getrou aan die aard van Fourie se hele loopbaan: die aandurf van die oënskynlik-onmoontlike en beslis waaghalsige. Sy ontvangs van ’n eredoktorsgraad in dieselfde jaar (2011) as Desmond Tutu by die Universiteit van die Vrystaat is nog ’n hoogtepunt in ’n loopbaan van 56 jaar in die Afrikaanse Teater.

Sien al Pieter Fourie se boeke

René Bohnen

René Bohnen is ’n gebore KwaZulu- Nataller wat tans haar tyd verdeel tussen Johannesburg en die Suid-Kaap. Op die vingerpunte van die heelal is haar derde digbundel.

Sien al René Bohnen se boeke

Retha Benadé

Retha kwalifiseer in 1988 as onderwyser by die Potchefstroomse Onderwyskollege Sy behaal haar B.A. Teologie by die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) samelopend met ’n diploma van die Aucklandpark Teologiese Seminarie in 2003. In 2004 verwerf sy haar Honneursgraad in Pastorale Berading. Vanaf 2006 word sy aangestel as administrateur by Inclusive and Affirming Ministries (IAM) wat hul beywer vir die inklusiwiteit van LGBTI-mense in geloofsgemeenskappe asook die bemagtiging van ouers, familie en vriende.

Sien al Retha Benadé se boeke

Rhona Scheepers

Rhona Scheepers is ’n onderwyseres en woon aan die Wes-Rand. Haar eerste boek, Pedale van Papier, was ’n wegholsukses en word nou verfilm.

Sien al Rhona Scheepers se boeke

Sakkie Marais

Sakkie Marais (kmdt): Izak Marais is gebore op 20 Julie 1948. Hy voltooi sy skoolloopbaan in 1965 aan Florida Hoërskool. In 1966 (voor die Nasionale Diensplegstelsel) is hy na Leër Gimnasium (Pretoria, Voortrekkerhoogte). Daarna sluit hy by die staandemag aan. Die kern van sy loopbaan was by 1 Valskermbataljon (Bloemfontein) waar hy uiteindelik RSM (Regimentsammajoor) geword het. Daarna het hy hom by die Offisierskorps aangesluit tot en met 1994 waar hy as Operasionele Offisier tot die rang van kommandant gevorder het. Die begin van Suid-Afrika se demokrasie was die einde van sy weermagloopbaan. Die daaropvolgende 22 jaar het hy sy deskundig­heid en uitgebreide militêre ondervinding in die buiteland gebruik vir n voortgesette, aksiebelaaide professionele loopbaan – nommerpas vir n hoogsopgeleide soldaat-avonturier wat nooit n pen pusher kon wees nie.

Sien al Sakkie Marais se boeke

Sanet Viljoen

Sanet Viljoen woon in Kaapstad. Sy werk deeltyds as Psigiatriese Verpleegkundige, vandaar haar passie en inspirasie vir die tema van haar debuutroman.

Sien al Sanet Viljoen se boeke

Schalk Lingenfelder

Doringdraad is one of South Africa’s most famous Afrikaans comedians. was invited by some of the big music festivals to share the stage with some of the biggest stars our country has to offer. Performes annually at Innibos, Gariepfees, Varkfees, Prawnfees, Kreeffees, Talentefees, Upington Kalahari Expo, Brood- en Melkfees, Walvisfees, Buffelfees, Sitrusfees, Druiwefees as well as Aardklop, KKNK and Vryfees. He also has various radio interviews and some of his comedy clips were broadcasted on radio stations such as Jacaranda, RSG and Groot FM. Has 76,525 followers on Facebook

Sien al Schalk Lingenfelder se boeke

SD Fourie

SD Fourie is ’n boorling van die Strandveld, die streek wat strek vanaf die mond van die Kleinrivier tot by die mond van die Breederivier. Sy is ’n toergids en besit saam met haar man die Strandveld Museum op Franskraal. Sy woon by die see en daarom is haar stories vol wind, mis en seesproei. Haar debuutroman, Die Lanternswaaier, is op RSG voorgelees en is ook in Nederlands vertaal.

Sien al SD Fourie se boeke

ST Potgieter

ST Potgieter is ’n sielkundige wat in Bellville, Kaapstad, in praktyk staan. Hy is goed gekwalifiseerd en verwerf sy doktorsgraad by Unisa. Hy het verskeie boeke geskryf oor aspekte van inspirasie, wysheid, selfhelp en hoe om moeilike tye te hanteer. In sy vrye tyd hou hy van lees, fliek, teater en die buitelewe. Die liefde en trots in sy lewe, is sy twee kinders, ST en Tania.

Sien al ST Potgieter se boeke

Tanya O'Connor

Tanya O’Connor is die skrywer van Hallo, Lewe! (2010), Kom, kleur in! (2013), Kom, kleur saam in! (2014) en Colour Brings Hope (2015).  Sy is al publiseer in Sarie, Leef en skryf resensies vir Rapport asook blogs op aanvraag. Haar inkleurboeke vir groot mense is gewild want alles is met die hand geteken, en daar is geen sketse wat deur ’n rekenaarprogram geteken is nie.  Haar boek Kom, kleur in!  was die eerste Afrikaanse inkleurboek vir groot mense in Suid Afrika, en in 2013 vierde op die algehele topverkoperlys in Suid-Afrika.  Hierdie boek is nog steeds ’n gewilde boek en is in die derde druk. Haar program is vol met die oordra van haar oorspronklike kreatiewe terapie en sy floreer die beste en is op haar gelukkigste in haar kelder ateljee by die familie se huis by die see. Sy bied kreatiewe terapiesessies by haar huis aan asook groepsessies in die korporatiewe wereld.

Sien al Tanya O'Connor se boeke

Wannie Carstens

Prof WAM (Wannie) Carstens is sedert Julie 1991 verbonde aan die Noordwes-Universiteit, (Potchefstroomkampus) waar hy tot einde 2016 die direkteur van die Skool vir Tale was. Hy is ten nouste betrokke by aktiwiteite wat Afrikaans raak (op beide akademiese en organisatoriese vlak), onder andere as stigterslid en eerste voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR). Hy was ook voorsitter van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans (NTLA), van die Raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en van die Raad van die Afrikaanse Taalmuseum. Hy dien reeds lank as direksielid van die Buro van die WAT en is ’n lid van die Raad van die Universiteit Stellenbosch. As gegradeerde NNS-navorser is hy die outeur van twee akade­miese boeke as alleenouteur en van twee as mede-outeur. Verder is hy ook mede­­redakteur van Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde (2014, 2017), ’n handboek oor die moderne Afrikaanse taalkunde. ’n Tweedelige boekereeks oor Die storie van Afrikaans (saam met Edith Raidt) word onderskeidelik in 2017 en 2018 gepubliseer. Hy is medeverantwoordelik vir die totstandkoming van die Ernst van Heerden-versameling van Afrikaanse poësie in die Poëziecentrum in Gent, België en hy was ook betrokke by die sluit van verskeie uitruil- en samewerkingsooreenkomste met universiteite in die Lae Lande. Hy is in 2014 deur die ATR bekroon met ’n Kokertoekenning vir sy werk vir die Bevordering van Afrikaans.

Sien al Wannie Carstens se boeke

Wendy Maartens

Wendy Maartens is ’n joernalis, vertaler en bekroonde kinderboekskrywer met 14 titels op haar kerfstok waarvan sommige in vier inheemse tale vertaal is. Wendy het ’n hart vir diere. Sy het ook n passie vir ons Suid-Afrikaanse legendes, ou rympies, en verhale wat kinders in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede help om hulself te bemagtig. As sy nie skryf nie, maak sy tuin, skilder, graveer op klip, speel kitaar of boemel al met die agterpaaie langs.

Sien al Wendy Maartens se boeke

Willie Esterhuyse

WILLIE ESTERHUYSE s ’n boorling van die Karoo, Laingsburg. Hy dien as direkteur van o.m. Murray & Roberts, Metropolitan en Medi-Clinic. Tans is hy betrokke by die Thabo Mbeki Leadership Institute. Talle eerbewyse is aan hom oorhandig, o.m. die Orde van Luthuli. Geagte Jahwe is die opvolg van die treffers God en die gode van Egipte en Die God van Genesis

Sien al Willie Esterhuyse se boeke