Antoinette Louw

Antoinette Louw is ‘n aktrise en skrywer. In 2014 ontvang sy die SAFTA vir Beste Aktrise in ‘n Vollengte Film vir haar spel in Deon Meyer se Die Laaste Tango – die hoogste toekenning in Suid-Afrika vir filmspel en ‘n eerste vir ‘n Afrikaanse aktrise. Vir haar eerste vroulike hoofrol in ‘n internasionale film, An Act of Defiance, ontvang sy die Cape Town International Film Market and Festival se toekenning vir Beste Aktrise – ook ’n eerste vir ’n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy het ook al verskeie dramatekste na Afrikaans vertaal, was mede-skrywer van die bekroonde teaterstuk Amper, Vrystaat, en is ’n rubriekskrywer vir Beeld en Netwerk 24.


 

Please follow and like us: