Eugene Marais

Die skrywer se regte naam is Eugene Marais. Hy is nie verwant aan die laat digter en skrywer Eugène Nielen Marais nie. Hy is gebore in Tuine, Kaapstad, in 1953 en hy en sy twee broers het in ‘n middelklas familie in Goodwood, Kaapstad, opgegroei. Hy het ‘n BA-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf en het administratiewe werk in provinsiale staatsdepartemente dwarsdeur sy loopbaan uitgevoer. Hy was ‘n Hospitaalsekretaris by ‘n plattelandse staatshospitaal vir nege jaar voor sy bedanking in 2004. Skryf is sy passie, en hierdie boek, wat ‘n ware verhaal is, is sy debuut. Hy woon in Bettiesbaai.


 

Please follow and like us: