Hannes Visser

Hannes Visser behaal ‘n Onderwysdiploma en het in Roodepoort sy eerste onderwyspos beklee. Hy het in 2012 saam met 11 ander digters die bundel Boksemdais 2 uitgegee en al verskeie pryse by die Bloemfonteinse skrywersvereniging se landwye kompetisies gewen. In 2013 het hy ‘n eersteplek in die kortverhaalafdeling gewen sowel as ‘n tweede plek in die poësie-afdeling. In 2017 wen hy tweede plek in prosa-afdeling – kortverhale en in 2018 ‘n eerste plek in poësie-afdeling in ‘n landswye kompetisie. Hy is tans die redakteur van die Oudtshoorn Courant.


 

Please follow and like us: