Hans du Plessis

Hans du Plessis verwerf in 1975 ’n doktorsgraad in Afrikaanse taalkunde aan Unisa. Sedert 1981 is hy professor vir Afrikaans en tree einde 2011 af as Direkteur van die ATKV-Skryfskool van die NWU. Hy was tot onlangs ’n navorsingsgenoot aan die NWU. Hy debuteer in 1978 as skeppende skrywer. Daarna verskyn nog ses digbundels, dertien prosawerke en verskeie verhoogstukke. Hy ontvang onder andere die CR Swart-prys vir tienertoneel, die ATKV-kinderboekprys, ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie en die CBSA-prys vir Christelike literatuur. Hy is getroud met Magdaleen Potgieter en hulle het vier getroude seuns en nege kleinkinders.


 

Please follow and like us: