Johan van der Mescht

Johan van der Mescht het na die voltooiing van sy studies in 1985 aangemeld vir militȇre diensplig. Hy word onder andere aangewend as Basisingenieur te Mpacha in die Oos-Caprivi. Na afloop van sy twee jaar diensplig word hy oorgeplaas na 16 Genie Regiment, ‘n Burgermageenheid in die Oos-Kaap. In 1994, met die afskaffing van verpligte militȇre diens, sluit hy aan as ‘n vrywilliger by Regiment Piet Retief, gevestig in Port Elizabeth. Hy bly ‘n aktiewe lid van hierdie regiment tot en met 2005. Hy woon tans in Langkloof.


 

Please follow and like us: