Tanya O’Connor

Tanya O’Connor is die skrywer van Hallo, Lewe! (2010), Kom, kleur in! (2013), Kom, kleur saam in! (2014) en Colour Brings Hope (2015).  Sy is al publiseer in Sarie, Leef en skryf resensies vir Rapport asook blogs op aanvraag. Haar inkleurboeke vir groot mense is gewild want alles is met die hand geteken, en daar is geen sketse wat deur ’n rekenaarprogram geteken is nie.  Haar boek Kom, kleur in!  was die eerste Afrikaanse inkleurboek vir groot mense in Suid Afrika, en in 2013 vierde op die algehele topverkoperlys in Suid-Afrika.  Hierdie boek is nog steeds ’n gewilde boek en is in die derde druk. Haar program is vol met die oordra van haar oorspronklike kreatiewe terapie en sy floreer die beste en is op haar gelukkigste in haar kelder – ateljee by die familie se huis by die see. Sy bied kreatiewe terapiesessies by haar huis aan asook groepsessies in die korporatiewe wereld.


 

Please follow and like us: