Anzil Kulsen

Anzil Kulsen is ’n bekende en geliefde skrywer van Upington. Hoewel sy haar lewe lank nog in Upington woon, het Anzil al in Londen en België skryfkursusse gedoen. As talentvolle en geskoolde skrywer het haar debuutroman, Zita, meer as 20 000 kopieë verkoop. Naas kinder- en jeugboeke skryf Anzil ook artikels, rubrieke en kortverhale vir verskeie publikasies soos RooiRose, DeKat en Volksblad. Anzil werk tans vir die ATKV as Taalorganiseerder waar sy lees- en skryfprojekte in gemeenskappe bevorder, werkswinkels aanbied om skryf as terapeutiese proses te bevorder, en boeke in arm gemeenskappe sonder biblioteke te versprei. Sorrie maak nie gesond nie is haar derde jeugroman en beloof om nog ’n treffer te wees.