Bouwer Bosch

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.