Brett Michael Innes

Brett Michael Innes is ‘n skrywer en bekroonde filmmaker gebaseer in Johannesburg. Sy roman, Die Storie van Racheltjie de Beer, was ‘n topverkoper in 2012 en is toe aangepas vir die skerm saam met regisseur Matthys Boshoff. Die film word vrygestel in teaters in Oktober 2019. Sy skryf- en regie- debuutfilm, Sink, is deur plaaslike kritici bestempel as ‘n “wegbreekfilm wat ‘n nuwe standaard daarstel vir Suid-Afrikaanse teater” en hy is bekroon met die SAFTA vir Beste Film en Beste Draaiboek. Hy het pas sy jongste film voltooi: ‘n film gebaseer op die ikoniese verhaal Fiela se kind.