Voor hy hom as kopieskrywer bekwaam het, was Christo van der Westhuizen onderskeidelik ‘n mynwerker, onderwyser, taalpraktisyn, joernalis, boekeresensent en senior dosent in literatuurwetenskap en mediastudies. Hy behaal sy D Litt et Phil in 1998 aan Unisa. As bemarker is sy werk plaaslik en internasionaal bekroon – hiervan is sy konseptuele bydrae tot die AVBOB Poetry Project (wat uitgeloop het op die publikasie van I wish I’d said) in 2018 deur M&M Global in Londen aangewys as die beste veldtog internasionaal in die sektor finansiële dienste. Christo is die medestigter en uitvoerende hoof van die et al Groep.