Gerhard Ferreira

Gerhard Ferreira is ‘n afgetrede bestuurder van Opleiding en Afrigting in die Sakebankafdeling. As bankier was hy ook in sy moeilike werksomstandighede een van die eerste drie blindes wat as programmeerders opgelei is in die laat sewentigs. As motiveringspreker en storieverteller het hy dikwels die verhoog gedeel met ons land se grootstes. By verskeie geleenthede was hy ‘n gas op radio- en televisieprogramme. Hy woon tans in Johannesburg.


 

Frits Gaum

FRITS GAUM het in die teologie, letterkunde en joernalistiek studeer. Hy was predikant en redakteur, moderator van die Wes-Kaapse Sinode van die NG Kerk, is die skrywer van die bekroonde Fluit-fluit, die kerk is uit? en hoofredakteur van die Christelike Kernensiklopedie. Hy skryf omdat dit vir hom help en, wie weet, dalk ook vir iemand anders. Hy is al vyftig jaar getroud met Henda en hulle het drie kinders en vyf kleinkinders.