Hein Viljoen

Hein Viljoen is die skrywer van twee vorige digbundels. Waterkristal verskyn in 1982 en Holtrom en groot kabaal in 2007, naas ’n aantal gedigte in Literator en op Versindaba. Hy is afgetrede professor in Afrikaans en Nederlands by die Noordwes-Universiteit. Hy is medeskrywer van Alkant olifant (1988), ’n inleiding tot die literatuurwetenskap, en ook twee bundels opstelle, nl. Storyscapes (2004) en Beyond the threshold (2007). In 2013 het ’n derde bundel opstelle verskyn, nl. Crossing borders, dissolving boundaries (2013).